BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Weghol brande!

Deel

Die weghol brande wat tans in die Weskaap en Overberg woed en verwoesting saai laat mens weereens besef hoe nietig ons teen die elemente is. Die vlamme word aangevuur deur stormsterk winde wat teen 100Km/uur waai.

Hulp word van ander munisipaliteite van regoor die die Weskaap na hierdie gebiede ontplooi en die brandweer trotseer uiters gevaarlike toestande om mense en diere na veiligheid te bring en om die vuur onder beheer te bring. Die drie verkillende brande wat in Bettiesbaai gewoed het is tans onder beheer, en tot dusver is geen opvlamming gerapporteer nie. Die streek ervaar tans ‘n volgende uitdaging vanweë water en elektrisiteitsonderbrekings as gevolg van die brandskade.

Die brand wat sedert Vrydag 11 Januarie 2019 in Franskraal woed het uitgebrei na die omliggende gebiede en dit bly ‘n groot uitdaging en gevaar vir die brandbestryders en inwoners van

  • HEMEL-EN-AARDE/VOLMOED
  • HERMANUS
  • FRANSKRAAL
  • UILKRAAL/BAARDSKEERDERSBOS
  • GANSBAAI
  • HANGKLIP-KLEINMOND
  • BETTIESBAAI
  • KARWYDERSKRAAL

 

Die Weskaap met sy Wyn-, Tuin- en Walvisroetes is baie gewilde toeriste bestemmings in Suid-Afrika en bied talle akkommodasie geriewe aan in hierdie streke. Groot skade is aan eiendom aangerig en talle wonings is totaal vernietig. Die skade aan die ekologie is hartverskeurend. Ons harte gaan uit aan almal wat verliese gely het en ons gebede is met elkeen wat hul dienste en lewe op die lyn plaas om die vlamme onder beheer te bring.

Dankie aan Justin Sullivan (Sullivan Photography) vir die insiggewende materiaal en  vorderingsverlag van Overstrand Munisipaliteit /Hermanus CPF JOC

Mier

Outeur: GASVRY

Vorige Artikel
Volgende Artikel

Lewer Kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.