BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Voordele van ‘n Okkasie Beplanner

Deel

Wanneer jy jou okkasie beplan staan jy voor een van twee keuses: Moet ek alles liewer self reël of moet ek professionele hulp inroep? Om dit self te reël het sy voordele, maar ongeag die grootte van die geleentheid, kan dinge baie vining skeef loop wanneer elke aspek nie haarfyn beplan en gekontroleer word nie. Groter okkasies kan redelik ingewikkeld raak wanneer dit kom by aspekte soos die gastelys, die regte spysenier, -fotograaf, die venue en selfs die fyner detail soos dankie-sê-geskenkies. Om ‘n Okkasie Beplanner se hulp en vaardighede in te roep is dalk ‘n baie slim idee wat jou op die ou end ‘n hele paar rand (en kopsere) kan bespaar!

 

Voordele van ‘n okkasie beplanner

1. Gemoedsrus

Meeste van ons se dag-tot-dag is reeds so dol, dat die reël van ‘n groot okkasie baie stresvol kan raak. ‘n Okkassiebeplanner verseker dat jou lewe normaal kan voortgaan, terwyl jy steeds volle beheer het van al die reëlings wat getref word.

2. Ondervinding

Soos die ou slagspreuk dit stel: “Deur skade en skande word ‘n mens wys.” Laat iemand anders se sware ondervinding jou help om kostes te bespaar deur duur voute te vermy.

3. Kennis van verskaffers

Okkasie beplanners ken gewoonlik ‘n groot netwerk van verskaffers. Hulle sal jou adviseer oor kwaliteit produkte en diens verskaffers – en kan namens jou onderhandel vir beter pryse.

4. Bly binne begroting

Jou okkasie beplanner is verantwoordelik daarvoor om die fondse korrek te allokeer en met kreatiewe voorstelle voorendag te kom wanneer geld probleme opduik en oplossings gevind moet word.

5. ‘Local’ is lekker

Indien jy ‘n okkasie reël wat ver geleë is, is iemand wat die omgewing en sy besighede ken die perfekte manier om verwarring en frustrasie te vermy. Oorhandig die verantwoordelikhede aan iemand wat sal dien as sentrale kommunikasiepunt.

6. Al wat oorbly om te doen is om jouself te geniet!

‘n Professionele persoon sal die klein details versorg en seker maak dat jou visie realiseer. Enige vrae wat gaste of verskaffers op die groot dag het, kan alles na die beplanner verwys word. Dit stel jou in staat om die dag te geniet!

 

 

Loer gerus na Okkasie Beplanners wat reeds op GASVRY gelys is

Skoenlappertjie

Outeur: GASVRY

Vorige Artikel
Volgende Artikel

Lewer kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.

error: Inhoud het kopiereg