BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Valentynsdag

Deel

Valentynsdag, wat ook bekend staan as die Fees van St Valentine, word elke jaar op 14 Februarie in baie lande regoor die wêreld gevier, maar in die meeste lande word dit nie as ‘n openbare vakansiedag geag nie.

OORSPRONG:

Valentynsdag het begin as ‘n liturgiese viering van een of meer van die vroeë Christelike heiliges, naamlik Valentinus. Saint Valentine van Rome is gevonnis en tronk toe gestuur vir die uitvoering van die huweliksbevestiging van soldate (wat verbied is om te trou) en vir die bediening van Christene wat vervolg is onder die Romeinse Ryk. Volgens ‘n legende het hy tydens sy tronkstraf die dogter van sy tronkbewaarder – Asterius – genees. As ‘n afskeid, voor sy teregstelling, het hy vir haar ‘n brief geskryf en dit onderteken as “Jou Valentyn”.

TRADISIE :

Valentynsdag is eers in die Hoë Middeleeue in die kringe van Geoffrey Chaucer met romantiese liefde geassosieer, toe die tradisie van hofmakery gefloreer het. In die 18de eeu het Valentynsdag in Engeland ontwikkel in ‘n geleentheid waarin geliefdes hul liefde vir mekaar deur blomme, lekkernye en die stuur van groetekaartjies verklaar het. In Europa, het geliefdes Saint Valentyns Sleutels aan mekaar gegee “as ‘n romantiese simbool en ‘n uitnodiging om die hart van die gewer te ontsluit”. Dit is ‘n tradisie wat vandag nog sterk nagevolg word.

ROMANSE :

Party is van mening dat Valentynsdag slegs ‘n geldmaak foefie is, en ander reken weer dat dit regtig baie spesiaal is om met ‘n groot bos blomme, sjokolade en ‘n romantiese kersligete deur jou Valentyn bederf te word.

(Ek moet sê, ek sal ook nogal gewoond kan raak daaraan!)

Mier

Outeur: GASVRY

Vorige Artikel
Volgende Artikel

Lewer Kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.