BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Tafelgebed

Deel

Ek kan nou nog die tafelgebed onthou wat my pa gebid het toe ons kinders was:

“Segen Vader dese ete – laat ons U naam nimmer vegete – Amen”

Dan sal ons almal saam sê: “Amen” en wegval en eet. Ma het sommer vooraf vir elkeen sy bord kos geskep en jy SAL alles eet. Dit was eintlik sulke sorgvrye dae – sulke geborge tye. Ons het in liefde met mekaar gelewe en sou nie waag om disrespekvol te wees nie. Ons sou net nie, dit was eenvoudig so en klaar.

Dr Abel Pienaar meld in sy artikel, Bid en eet die volgende : “Ons het nodig om weer ons eenheid, ons respek en eerbied vir mekaar – ongeag spesie, ras, klas of geslag – te herontdek. Ons het nodig om eerbied vir mekaar te hê. Om weer te verstaan dat ons mede-verantwoordelik is vir mekaar se oorlewing. Dit geld vir hoe ons omgaan met die aarde se natuurlike hulpbronne, ons eetgewoontes en ons elke dag se verbruik en misbruik gewoontes. En meer as enigiets anders moet ons tafel dankgebed erkenning gee aan die ander lewensvorme wat hulle lewens opgeoffer het, vir my om te kan eet. Diere en plante het hulle lewens geoffer vir my, daarvoor moet ek dankie sê.”

Vader, seën asb die kos voor ons,

Die familie en vriende langs ons,

En die samesyn en liefde tussen ons,

Amen

 

Deuteronomium 8:10  “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het.

Mier

Outeur: OUTEUR

Vorige Artikel
Volgende Artikel

Lewer Kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.