BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Spyseniering

Deel

Indien jy ‘n liefde daarvoor het om mense te onthaal en spesifiek in spyseniering belangstel, is daar ‘n wye verskeidenheid opsies waarin jy jou passie kan uitleef. Spyseniering is vir seker nie net tot Hotelle en Restaurante beperk nie.

 

Die volgende spysenieringsbesighede word as deel van die gasvryheidsbedryf beskou:

Sport en Ontspanning Spysenieringsdienste (Sportstadions, universiteite & skole)

  • Vingeretes en bediening van meer formele etes in losies aan spesiale gaste.
  • Versnapperings en koeldranke aan toeskouers – pawiljoenverkope
  • Ontbyt & middagetes aan beamptes en organiseerders van sportbyeenkomste

Privaatklubs

Privaatklubs het gewoonlik goed ingerigte fasilieite om etes en funksies aan te bied en kan wissel van ligte versnapperinge tot meer formele funkies soos prysuitdelings en jaareindfunksies. (Bv Gholf- / Posduif- / Skiet- / Rolbalklubs, ens)

Casino’s

Buiten vir die vermaak, bied casino’s gewoonlik ook etes en versnapperinge (en in meeste gevalle oornag geriewe) vir hul gaste as deel van die totale vermaaklikheidspakket aan.

Skeepvaart

Vir diegene wat al een van die talle skeepsvaarttoere meegemaak het, sal saam stem dat die kos as een van die hoogtepunte van die toer uitstaan. Die disse wissel van ligte etes soos pizza’s en hamburgers en skyfies tot formele aandetes wat per afspraak in meer formele drag bygewoon word.

Gerieflikheidsdienste

Dit is talle werkende vrouens en mammas se groot vreugde dat daar deesdae soveel gerieflikheidsdienste beskikbaar is wat die lewe in die kombuis en na werk so bietjie gemakliker maak.

  • Voorbereide etes in supermarkete
  • Entrepeneurs : Voorbereide aandetes per bestelling
  • Entrepeneurs : Kospakkies vir skoolkinders

Korporatiewe Vergaderings

Groot korporatiewe organisasies stel personeel aan om vergaderings, werksessies en strategiese beplanningsessies te reël en te organiseer. Hierdie sessies word in samewerking met professionele spyseniers beplan en word maaltye en disse deeglik volgens die begroting en die gaste se voor- en afkeure, beplan. Die keuse van die geskikte venue en aandenkings og geskenke vir die die gaste is ook belangrike aspek en laat ‘n blywende indruk.

Uitstallings

Uitstallings word gehou waar verskaffers in die bedryf hul produkte ten toonstel en bemark. Hierdie uitstallings is langduring en is dit noodsaaklik om versnapperings en iets te drinke aan te bied vir die uitsallers en die besoekers.

Spesiale Okkasiebestuur

Wanneer spesiale okkasies beplan word is is die spyseniering een van die belangrikste aspekte wat hanteer moet word. Spesiale okkasies kan wissel van klein en informeel tot uitgebreide formele funksies wat professionele organiseerders en spyseniers verg:

  • Verjaarsdagpartyties
  • Verlowing
  • Troues
  • Doop

Mier

Outeur: GASVRY

Lewer Kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.

error: Inhoud het kopiereg