BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Springmielies

Deel

Die oorsprong van Internasionale Springmieliedag is nie bekend nie, maar word al vir dekades lank op 19 Januarie gevier. Hierdie veelsydige versnappering is ‘n groot treffer by kinderpartytjies en kuiers. En wat is ‘n lekker fliek nou sonder springmielies?

 

Hierdie Boerekos resep is ‘n lekker bederf vir klein en groot!

 

Karamel Springmielies

 

BESTANDELE:

12 koppies gespringde springmielies

Stroop:

2 koppies wit suiker

Knypie sout

1 teelepel caramel geursel

125 ml goue stroop

2 koppies water

 

METODE:

  • Sprei die springmielies eweredig uit op ‘n bakplaat wat met waspapier uitgevoer is
  • Meng al die stroop bestandele saam en bring tot kookpunt oor ‘n matige hitte totdat al die suiker opgelos het
  • Gebruik ‘n kwassie wat in koue water gedompel is om enige suikerkristalle wat teen die kante vassit aft e was
  • Kook die stroop, roer effens en laat prut sonder om verder te roer (hou dop om seker te maak dat dit nie oorkook nie)
  • Die stroop sal reg wees wanneer ‘n klein bietjie stroop in yskoue water gegooi word en drade maak wat hard en bros is
  • Gooi die stroop eweredig oor die springmielies en meng vining deur met ‘n plat spaan en druk verspreid in bakplaat
  • Laat die springmielies effens afkoel voordat dit van mekaar los gebreek word
  • Laat dit heeltemal afkoel en geniet!!

Mier

Outeur: GASVRY

Vorige Artikel
Volgende Artikel

Lewer Kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.