BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Tags:

Os & Leigh se Bruilofsfees

Deel

Wat ek van hulle dag sal onthou – altyd!: Os & Leigh se troue het rerig gestalte gegee aan die woord “Bruilofsfees”, ek het al meer as my “fair share” van troues geskiet en die ene is by verre weg die lekkerste party wat ek as fotograaf bygewoon het… Ek het heeltemal oor boord gegaan met hulle post, ondanks die feit dat ek myself so mooi belowe het om minder fotos te blog. So die ene is ‘n whopper!

Ek het vroeër laas jaar hulle verlowingsfotos geneem, en tydens die sessie het Leigh my vertel hoe Os haar gevra het om met hom te trou. Hier’s die wensresep om jou bruid se hart te steel: DHL jouself aan haar by haar werk…LOL. Wie sal ooit kan nee sê dan?

Hulle troue is rerig ene wat my baie naby aan die hart lê… die twee mense en hul hele families het diep in my hart kom kruip. Weskus mense is sielsmense…sonder fieterjasies, sê ‘n ding soos hy is sonder pretensies en aansitterigheid! Ek wil net noem dat hierdie troue ‘n ware DIY troue in die ware woord was, van die bruidegom wat die Koek gebak het, tot skoonma en sussie wat die décor help maak het. Selfs die transportasie was spesiaal: die “troukar” was ‘n vissersbootjie wat Leigh oor die Lagoon gebring het, ‘n VW kombi vir die bruidsmeisies en ‘n Volla wat Os vir Leigh op haar 21ste verjaarsdag gegee het.

Leigh se pagtige rok is deur Gelieft gemaak (een van die designers wat my so laat uitsien om die bruid se rok te sien) en die Blomme kransies & handruikers is deur Tanya van Studio Bloem gemaak. Uitnodigings en programme: Polkadot Promotions. Ek was mal oor die pastel kleure en leer aksente…

Jani

Outeur: Jani B Photography

Etikette:
Volgende Artikel

Lewer kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.

error: Inhoud het kopiereg