BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Oondgeroosterde Varkpens

Deel

Hierdie is seker een van die oudste, heerlikste, krakerigste resepte uit toeka se dae en vreeslik maklik om voor te berei.

 

Bestandele:

1.5 Kg Varkpens (pork belly) – speklaag in repies gesny tot teen die vleis

3 eetlepels growwe sout

15 ml grof gemaalde swart peper

¼ teelepel fyn naeltjies

3 eetlepels appelkoosonfyt

 

Metode:

Voorverhit die oond tot 180°C

Meng die sout, peper en naeltjies en vryf dit baie goed oralom die varkpens en tussen die snytjies in

Plaas die varkpens op ‘n draadrak in ‘n oondpan en rooster vir ten minste 2 ure tot die vleis gaar, en die die spek krakerig is

Bedruip dit nou met appelkooskonfyt en bak vir ‘n verdere 20 minute of tot mooi goudbuin

Resep met vergunning van: Boerekos.com

 

Bediening:

 

Varkpens word warm uit die oond voorgesit en afgerond met vars pangebraaide aspersies en kersie-tamaties. Van Loveren – Blue Velvet Pinot Noir word as die perfekte wyn pasmaat voorgestel.

 

Die Van Loveren – Blue Velvet Pinot Noir is elegant met tone van kersie, framboos en die sagte geur van roosblare met ‘n subtiele spesery nasmaak

Koop Van Loveren – Blue Velvet Pinot Noir aanlyn

 

Mier

Outeur: GASVRY

Volgende Artikel

Lewer kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.

error: Inhoud het kopiereg