BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Nuwejaarsvoorneme 2019

Deel

Die konsep van nuwe jaarsvoorneme is seker so oud soos die mensdom self. Ek dink dit is ‘n ingebore behoefte in elke mens om hom-/haarself te verbeter, maar om getrou by al die nuwe voornemens te hou is nie altyd so maklik nie.

Die begin van elke nuwe jaar is vir my die lekkerste tyd om na mense (en die dinge wat hulle motiveer en inspireer) te luister, want dan is ons almal vuur en vlam ingestel op ‘n positiewe en gesonde leefstyl.

 

Hier is ‘n paar nuwe jaarsvoornemens wat seker nooit uit die mode uit sal gaan nie:

  • Verloor gewig en bereik my ideale gewig voor die winter
  • Mag GEEN gewig optel in die winter nie!
  • Gaan vir ‘n volledige a-z ondersoek by die dokter en maak seker dat alles nog in orde is
  • Sluit aan by die gymnasium en begin draf
  • Kyk minder TV en rekenaarspeletjies en stap meer
  • Staak slegte gewoontes soos alkohol, rook en wegneem etes
  • Stel ‘n begroting op, spandeer minder en begin vroegtydig spaar vir Desember se vakansie
  • Groei in my loopbaan – wees meer selfversekerd by die werk en laat my opinie tel
  • Verbeter my verhoudings met kollegas, maak nuwe vriende en maak meer tyd vir geliefdes
  • Verbeter my algemene kennis en lees elke maand ‘n nuwe boek
  • ’My tyd’ is belangrik: bad langer en steek ‘n kers aan (en lees daai boek)
  • Skakel in by gemeenskapprojekte, gee meer vir liefdadigheid en wees vriendelik met die karwag
  • Lewer my bydrae vir ‘n groener planeet en leef eko vriendelike
  • Begin om die kombuisafval in die herwinningsasblikke wat ons verlede jaar hierdie tyd gekoop het, te sorteer
  • Lees die Bybel meer gereeld – Bid meer – vertrou meer – en voltooi my drome
  • Baie belangrik : Plak hierdie lys op die yskas en HOU DAARBY!

 

Klink hierdie lys bekend?

Mier

Outeur: GASVRY

Lewer Kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.