BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Komplimente & Klagtes

Deel

Indien jy  ‘n gereg in ‘n restaurant wil terug stuur, word dit as ‘n reël slegs gedoen indien:

  • dit nie die dis is wat jy bestel het nie
  • dit nie gaargemaak volgens die gaarmaak metode wat versoek is nie
  • die kos bederf smaak
  • of indien jy ‘n haar of insek in jou kos ontdek

Dit is ‘n groot en verantwoordelike taak om kliënte gelukkig te hou. Restauranteienaars sal jou ook meedeel dat kliënte meer geneig is om hul klagtes te opper as om komplimente te gee, maar dit beteken nie dat jy die vrymoedigheid moet neem om te laat weet wanneer die diens te stadig is, die kelner onbeskof is of die kos onsmaaklik en swak voorberei is nie. Die voortbestaan van enige restaurant is afhanklik van sy kliënte en dit is belangrik dat swak diens onder bestuur se aandag gebring word.

Wanneer jy die situasie aan die kelner verduidelik is dit raadsaam om rustig en bedaard te praat sonder dat ander mense by die ander tafels kan hoor waaroor die klagtes gaan. Bespreek die aangeleentheid eerste met die kelner en as hy/sy nie moeite doen om die die situasie reg te stel nie, neem die versoek of klagte dan met die bestuurder op.

DIE KELNER

Indien ‘n kelner nalatig, lui of onbeskof is kan dit gerapporteer word, maar tref onderskeid tussen dit en ‘n kelner se onvermoë om te veel mense te bedien. Dikwels werk ‘n kelner so hard en vinnig as moontlik, maar kan steeds nie met al die kliënte se versoeke tred hou nie. As dit die geval is, kan jy dit steeds aan bestuur rapporteer, maar wees versigtig om nie die blaam op die kelner te plaas, wat ongetwyfeld nie gelukkiger is oor die situasie is, as wat jy is nie.

Indien bestuur jou klagtes en versoek nie na wense hanteer nie, staan dit jou vry om daardie restautant in die toekoms te vermy.

GASTEBOEK

Aan die ander kant, positiewe kommentaar en ‘n goeie fooitjie is meer as welkom wanneer jy tevrede is met die diens. Opbouende kommentaar en komplimente beteken baie vir ‘n persoon wat sy/haar bes doen om gehalte diens te lewer. Bestuur waardeer dit ook om van tevrede kliënte te hoor en komplimente in hul gasteboek is altyd welkom!

Moenie huiwer om vir vriende en familie van jou gunsteling restaurant en hul puik diens en kwaliteit disse te vertel nie

Mier

Outeur: GASVRY

Vorige Artikel
Volgende Artikel

Lewer kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.

error: Inhoud het kopiereg