BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Kleinspan se “wyn” proe by Van Loveren

Deel

By Van Loveren glo ons in die betrokkenheid van groot en klein by gesinsuitstappies. Die kleinspan hoef nie uitgesluit te word tydens wynproeë nie – hulle kan deelneem aan hul eie (nie-alkoholiese) “wyn” proe, en leer dat alles oor geure, kleure en goeie pasmaats gaan.

 

Geniet ‘n proe-sessie by ons kelder of skep jou eie een by die huis – dit is maklik en jy kan selfs deel in die kinders se pret.

Begin deur ‘n rooi en wit druiwesap te kies. Ons gebruik Papillon Sparkling Non-Alcoholic Blush en Papillon Alcohol Free Sparking White NV.

“Wyn” proe

Vir die kos pasmaats verkies ons om jellieblomme met hul verskeidenheid geure en kleure te gebruik, maar jy kan ook jellieboontjies of gesuikerde vrugtegommetjies probeer.

WENK Vermy lekkers met ‘n fizz, aangesien dit die vonkels in die sap sal beïnvloed.

Vir diegene wat nie lekkers wil hê nie, kan dit vervang word met kaas soos volwasse cheddar, gerookte Gouda of Royal Ashton.

Hier is ‘n paar vrae om vir die kleinspan te vra:

  • Kan jy deur die vonkelsap sien?
  • Soos wat ruik die vonkelsap?
  • Kan jy voel hoe die borreltjies in jou mond speel?
  • Proe jy ‘n sekere soort vrugte in die vonkelsap?
  • Watter kleur jellie pas vir jou die beste by watter soort vonkelsap?

Kinders hou eenvoudig daarvan om uit ‘n mooi wynglas te drink! As dit oor die vonkelsap se geure gaan, kan hulle in die regte rigting gelei word: Die Papillon Sparkling Non-Alcholic Blush spog met feestelike geure van vars bessies en lekkers, terwyl die Sparkling White NV ‘n vrugtige sap is met die smaak van son-gekusde druiwe. Wie sal nou nie graag ‘n vonkelsap wil proe met sulke prettige beskrywings nie!

Op die ou einde is die kinders se opinie oor die passing van die lekkergoed met die vonkelsap natuurlik die belangrikste sê wat tel. Kan jy dalk raai watter jellie die beste by watter vonkelsap pas? Wel, volgens die kleinspan is wit jellie-tots die perfekte pas vir die pienk bloos, terwyl die groen jellieblommetjies die beste met die wit vonkelsap gaan. Wie is ons dan om te stry?

Vorige Artikel
Volgende Artikel

Lewer kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.

error: Inhoud het kopiereg