BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Kalahari Hoenderpastei

Deel

Hoenderpastei hoef nie altyd moeite te wees nie.

 

BESTANDELE:

1 pak skilferskors deeg (haal hierdie sommer die oggend al uit die vrieskas as jy besluit om pastei te maak)

 

1 kg hoender fillette

1 lt water

2-3 e Worcestershire sous

Hoender speserye

Knippie of twee oregano

1 blokkie hoender aftreksel

2 groot uie

12 klein groen soetrissie

2 pakkies wit vars sampioene

1 pakkie hoender soppoeier

5 e koekmeel

1 ½ k hoender aftreksel

½ k room

3 e suurlemoensap

Sout en peper na smaak

 

Indien jy vergeet het om jou deeg uit te haal, doen dit nou dadelik en bedek met ‘n warm lap. Moenie die pakkie oopmaak nie.

 

METODE:

  • Stel die oond op 180°C
  • Kook hoender saam met speserye/kruie, Worcestershire sous, aftreksel blokkie en water tot gaar
  • Haal uit water, en sny in blokkies. Hou eenkant. Behou 1½ koppie van die aftreksel (vries die res vir later gebruik)
  • Braai uie, soetrissie en sampioene tot bruin
  • Meng hoender blokkies en uie mengsel
  • Spuit oondbak met kossproei
  • Plaas hoendermengsel in bak en sprei eweredig
  • Gooi sous oor en roer liggies, sodat die sous goed deur die hoendermengsel vloei tot dit bo uitkom
  • Plaas die skilferkors bo-oor en druk vas teen die kante met ‘n vurk
  • Sny blaartjies of hartjies uit die oorblywende deeg en plaas bo-op. Druk groterige luggate in die deeg met ‘n skerp mes
  • Smeer die deeg met ‘n gekliste eier (opsioneel)
  • Bak tot die kors goukleurig is
  • Haal uit die oond en laat rus 15 minute voor bediening

Resep geplaas met die vergunning van : Boerekos – Kook met Nostalgie

 

Van Loveren Chardonnay word as die perfekte wyn pasmaat voorgestel

Mier

Outeur: GASVRY

Vorige Artikel
Volgende Artikel

Lewer kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.

error: Inhoud het kopiereg