BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Eko-vriendelike Besigheid

Deel

Besighede regoor Suid-Afrika (en in die wêreld) neig al hoe meer om hul besighede meer eko-vriendelik te bestuur. Die keuse om meer eko-vriendelik te wees, dra nie net by tot die klimaat nie, maar het ook ‘n positiewe uitwerking op die volgende aspekte:

  • Die produktiwiteit van jou werknemers,
  • die doeltreffendheid van jou bedrywighede,
  • die koste om jou besigheid te bestuur,
  • en moontlik die belangrikste van alles, die beeld van jou handelsmerk

 

HOE OM JOU BESIGHEID MEER EKO-VRIENDELIK TE MAAK

Om ‘n meer eko-vriendelike besigheid te bedryf, beteken eenvoudig om produkte met die beste waarde vir almal te vervaardig, te gebruik en te verhandel wat die impak op die omgewing sal verminder en sal bydra by tot die bewaring van ons natuurlike hulpbronne.

Hier is ‘n paar eenvoudige voorstelle om jou besigheid as ‘n meer eko-vriendelike besigheid te bestuur:

  • Monitor jou besigheid se elektriese, gas- en waterverbruik.
  • Implementeer ‘n instandhoudingsprogram om die toestand van waterpype in die gebou te na te gaan, sodat herstelwerk aan krane wat drup en pype wat lek gedoen kan word.
  • Installeer energie-doeltreffende gloeilampe.
  • Maak gebruik van natuurlike sonlig in geboue en skakel onnodige ligte gedurende die dag.
  • Skep ‘n internet fasiliteit met wi-fi vir gaste om koerante en ander dokumente aanlyn te lees in plaas daarvan om koerante en tydskrifte as leesstof in kamers te plaas. Begin ‘n koerant herwinningsprogram.
  • Herwin papier en hergebruik papier in die kantoor.
  • Doen personeelopleiding oor die implementering van jou besigheid se groen praktyke.
  • Maak gaste bewus van jou besigheid se groen benadering en voorsien inligting op jou webtuiste, jou Miniblad en ander bemarkingsmateriaal.
  • Verminder water verbruik deur eko groen stortkoppe en toilette te installer.
  • Maak van nie-giftige was- en skoonmaakmiddels
  • Skakel oor na eko groen produkte en voorsien 100% organiese katoen linne, handdoeke en matrasse.
  • Maak jou besigheid ‘n nie-rook
  • Gebruik hernieubare energiebronne soos son- of windenergie vir water verhitting en ligte wanneer dit beskikbaar is.
  • Koop en gebruik herlaaibare batterye
  • Koop grootmaat organiese seep en geriewe in plaas van individuele pakkette om afval te verminder.
  • Maak gebruik van asblikke om afval te sorteer en herwinning te vergemaklik.
  • Bedien organise– en plaaslike kos.
  • Vestig ‘n groentetuin en kweek jou eie groente indien moontlik.
  • Skep ‘n komposhoop van tuinvullis en organise kombuisafval. Indien dit nie moontlik is om dit op jou perseel te doen nie kan jou besigheid by so ‘n gemeenskapsprojek of ander besigheid met hierdie oogmerk betrokke raak.
  • Maak gebruik van eko-vriendelike produkte om wegneem-etes in te bedien (vermy plastiek)
  • Implementeer gryswater herwinning, vir die hergebruik van kombuis-, bad- en waswater vir die tuin.
  • Maak gebruik van herwinbare material vir tuin en binnenshuise dekor. Die moontlikhede is oneindig!
  • Motiveer jou personeel om kreatiewe idees en metodes voor te stel en te implementeer wat sal bydra by tot die bewaring van ons natuurlike hulpbronne.

Lewer kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.

error: Inhoud het kopiereg