BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

“Ek is …”

Deel

“As ons na U beeld en gelykenis geskape is Vader, beteken dit dat ons ook ‘n 3 eenheid is?” vra ek God een Saterdag oggend.

“Ek is …”

…. Ja? en ek wag … Wat is U, Vader?

Dis snaaks hoe mens nooit ‘n helder antwoord kry nie. Eerder ‘n leidraad – asof God wil hê ons moet ons brein gebruik en dink – Hy sal invul, maar wil nie al die praatwerk doen nie – asof Hy wil sê: Dis ‘n verhouding – ons moet heen en weer kommunikeer.

“Ek is …”

Toe raak ek stil en dink: Ek is ‘n 3 eenheid – soos God. Ek bestaan uit siel, liggaam en gees

“Net so!” sê God opgewonde, “antwoord die frase ‘ek is’ en jy het die wese van jou siel beskryf. Jou karakter, talente en menswees in sy totaliteit is jou siel. Ek het jou siel volmaak geskape om My te eer en ek wil nie hê dat jy dit moet verander nie. Vind jou ware self. Antwoord die frase: ‘ek is’ ”

Dankie vir my liggaam Vader, sê ek, en dink aan hoe gesond ek is. Ek kan werk en vrou wees, ma wees, en alles beleef wat my sintuie ervaar.

En my gees, wat is dit dan?

“Dit is jou keuse – Ek staan by die deur en klop, maar jy kan oopmaak vir wie jy wil – en dit is die gees wat jy huisves. Maar My Gees is heilig! My Gees laat alle bose wyk! My Gees vervul en gee jou vrede – ‘n vrede wat alle verstand te bowe gaan. Maar dit is jou keuse”

Wat is U siel, vra ek toe. “Ek is … alles”

… alles wat lewe? vra ek

“Alles”

… die wetenskap, kuns, gras, alles?

“Alles”

Wat is U liggaam?

“En jy vra nog?” sug Hy sag “Ek het mens geword – Ek is Jesus – ek het jou lief! So oneindig lief – net soos jy is, ek klop en wil met jou maaltyd vier – vir ewig en altyd. Jy is myne – ek het jou duur gekoop.”

En ek gaan sit op die kant van die bed. Wow! Siel, liggaam en gees (na sy beeld en gelykenis) en ons is 7 biljoen mense op aarde. Hoe divers is ons God nie! En party van ons wil Hom steeds in ‘n boksie plaas?

‘My siel maak groot die Here’, wil ek sing terwyl ek later by die parkeerterrein van die inkopiesentrum indraai, en ek besef skielik dat ek heeltemal anders na die karwag kyk.

Mier

Outeur: GASVRY

Vorige Artikel

Lewer Kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.