BESIG OM TE LAAI

Tik om te soek

Tags:

TTK – Kreatiewe water besparing

Deel

Die teisterende droogte het Dag Zero ‘n bedreigde werklikheid gemaak en die vermindering van waterverbruik is steeds in elke Kapenaar se gedagtes. Die gasvryheidsektor speel ‘n groot rol in die vermindering van waterverbruik, met restaurante en hotelle in en om die stad wat waterbesparingsmaatreëls implementeer. Die bekroonde The Test Kitchen het dit ‘n stap verder geneem  deur ‘n “Droogte-kombuis” in die restaurant bekend te stel wat in April 2018 afgeskop het en is vir slegs twee maande tot einde Mei 2018 bedryf.

Die “Droogte-kombuis” het Chef Luke Dale Roberts en sy span uitgedaag om maniere te vind om minder water in die kombuis te gebruik. Die uitdaging het gesorg vir kreatiewe en heerlike oplossings! “Ek moes ons benadering oor hoe en wat ons in die kombuis en in die restaurant doen heroorweeg,” sê Luke. “Van voorbereiding tot opdiening en skoonmaakdienste word alles beïnvloed wanneer minder water gebruik moet word. Dit het het nogal nuwe insig gebring,” voeg hy by.

Om mee te begin, sluit sommige van die waterbesparende maatreëls in:

• Stoor grys water uit lugversorgingseenhede
• Gebruik ysemmerwater om die vloere te mop
• Ontkoppeling van waterpype in die skottelgoedwassers
• Aanbring van sproeiers op krane
• Oorskakel na weggooibare servette
• Elimineer tafeldoeke

Die sesgangspyskaart is aangepas uit die standaard spyskaart by The Test Kitchen, en was niks anders as manjifiek nie. Ons het ‘n “leë fotoraam” ontwerp, wat ‘n stukkie verwisselbare kaart gehad het, wat effektief gedien het as die ‘bord’ waarop elke gereg opgedien is. Dit was prentjiemooi!

“Deur 90% van die porselein weg te neem, het ons effektief 90% van ons waterverbruik uit die skottelgoedwasser verwyder. Die wassery word behou vir basiese noodsaaklikhede linne en ons is hoopvol dat dit ‘n verskil sal maak,” voeg Luke by

Wat die spyskaart betref, is souse tot ‘n minimum beperk sodat die eetervaring keurig bly en die geurige smake nie beïnvloed word nie. Andersins word disse bedien met die presisie en volkome styl waarvoor The Test Kitchen bekend is.

Die volledige spyskaart en besprekingsbesonderhede is beskikbaar op http://www.thetestkitchen.co.za/food/

Chef Luke

Outeur: Chef Luke Dale Roberts

Bron: The Test Kitchen

Etikette:
Volgende Artikel

Jy mag dalk ook belangstel in

Lewer Kommentaar

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie.